Foto Galery


LYDENBURG AKADEMIE BEDERF MOTORISTE Leerlinge van Lydenburg Akademie het op 14 Februarie al vroegoggend motoriste verras met ‘n sjokolade en ‘n boodskap op hierdie liefdesdag. Dit het plaasgevind op die hoek van Lydenburg en Voortrekkerstraat en Lydenburg en Jansenstraat. Die boodskap, wat motoriste sommer vroeg in die regte stemming gebring het, het gelui: “Twee dinge het my lewe leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het en die liefde wat ek ontvang het.” Die fotos toon leerlinge van Lydenburg Akademie waar hulle die geskenkie uitdeel.
LYDENBURG AKADEMIE ATLETE BLINK UIT Tydens ‘n atletiekbyeenkoms gehou op Saterdag 9 Februarie het 22 atlete van Lydenburg Akademie besonder goed gevaar. Die byeenkoms het by Marmer in Marble Hall plaasgevind. Die leerlinge nl. Devin Dicks (1200m en 70m hekkies Seuns O/11) Su-Mari van den Berg (Gewigstoot Dogters O/12) en Monika van den Berg (Hoogspring Dogters O/10) het rekords verbeter. Darren Dicks (Seuns O/9 60m, 80m en Turbospies), Xander van der Merwe (Seuns O/13 80m hekkies en hoogspring). Su-Mari van den Berg (Dogters O/13 hoogspring) en Shelb Pieterse (Dogters O/12 verspring) het eerste plekke behaal. ‘n Verdere 14 tweedeplekke is behaal. Ons s baie geluk aan al hierdie atlete. Die foto’s toon van die atlete van Lydenburg Akademie in aksie tydens die byeenkoms.
OPEDAG – 15 SEPTEMBER 2012 Op Saterdag 15 September 2012 het Lydenburg Akademie vir CVO ‘n opedag gehou vir belangstellende ouers van Graad 0-3 leerlinge vir 2013. Die koue weer en die Springbokrugby op TV het ‘n invloed gehad op ons bywoningsgetalle, maar ons het darem ‘n redelike opkoms gehad van voornemende ouers. Dit was ‘n uiterste suksesvolle dag gewees en die belangstelling groot. Die kleingoed het hulle eie voorskote geverf en koekies versier. Daar was ook ‘n poppekas vertoning.
28 Januarie 2012 het Lydenburg Akademie en Watervalsrivier saamgespan en ‘n heerlike interhuis is deur Watervalsrivier aangebied. Ons kinders het dit baie geniet!